Geskryf deur Adri

Waar liefde eindig
Waar liefde eindig
Na tien jaar in die gevangenis, is dokter Zuluika Zuess vry, en haar enigste begeerte is om uit hierdie land, weg van haar verlede se hartseer te vlug, en nooit weer terug te kom nie. Sy aanvaar die vier maande lang Locum posisie in die Hood gebergtes in Amerika, met die doel om haarself ’n geleentheid te gee om weer te leer hoe om as ’n vry mens saam met ander mense te kan leef, om te gaan vasstel of sy weer kan inpas in ’n vry lewe. Wanneer dit gedoen is, wil sy terugkom na hierdie land, wil sy die waarheid oopmaak, nie om haarself te verontskuldig oor haar daad nie, sy wil regverdiging kry vir die verlore lewe van hom wat sy so liefgehad het, hy wat so rein was. Haar soektog bring pyn, bring die waarheid oor die ramp-spoedige nag toe Rudolph dood in die straat gelê het, maar meer, bo alles bring dit die vryheid wat die “gee van vergifnis” en die “ontvang van vergifnis” bring. Dit bring ’n seun soos wat sy en Rudolph kon gehad het in haar lewe, bring dit hoop dat haar moeder haar sal ken en sal liefhê, en moontlik vergifnis en liefde van hom wie sy bo alles liefgekry het.