“Totsiens, ek is oppad. Ek laai die twee op vandag,” en sy sien Neels se teleurgestelde gesig, “Moet jy regtig gaan. Ek mis jou wanneer jy weg is,” en sy hand streel sag en warm oor my rug.
“Ja, dit is ’n instelling, en ons drie wil dit so hou.”
Hy vat haar sak by haar en trek haar arm deur syne, “Nou kom ek sien jou weg.”
Die soen en die vastrek teen hom, is meer as ’n totsiens groet, en sy is so dankbaar daarvoor wanneer sy ses maande gelede se groet herroep - die piksoentjie op die wang, die gemaakte vasdruk, die amper dankbare, “Nou ja, weg is jy na julle boekklub toe, ons manne sal rugby kyk en die vleis braai. Sien julle drie dan so sesuur vanaand,” en haar meer as ’n pik soentjie pogings.
Met die ry bly haar gedagtes by die ses maande gelede omstandighede, daar toe sy geglo het haar huwelik is in die moeilikheid.
Sy herroep haar raad vra by haar lewenslange twee vriendinne terwyl hulle, hulle gereelde Saterdag ‘boekklub’ sessie in die restaurant in die Promenade Inkopie Sentrum gehou het, (Wat werklik net ’n ‘ooreet’ aan lekkernye was), en hulle dieselfde vrees oor hulle huwelike geuiter het.
Na ’n uur se self-ondersoek moes hulle erken – hulle drie was nie eers ’n skadu van die drie energieke, begeesterde onderwyseresse wat hulle tien jaar gelede nog was nie, vergeet van energieke huweliksmaats – hulle was drie oorgewig, onromantiese ou vrouens op vyf-en-veertig jarige ouderdom, en die waarheid was pynlik, veral in die wete dat hulle mans net die teenoorgestelde was - fiks en energiek van die fietsry, die gholf, en die visvang.
Hulle het besef: die horlosie loop aan: ‘Tik-Tok, Tik-Tok’: hulle en hulle huwelike was in die moeilikheid.
Die vraag was – wat kan hulle doen, wat moet hulle doen, en die heerlike kaaskoek was skielik nie meer so aantreklik nie. Al die idees: draf, dieet, gym – maar op daardie oomblik het dit na te veel geklink, en hulle het die koek gelos, betaal, en uit gestap.
Met die uitstap loop hulle, hulle vas in ’n tafel met ’n hele paar goed geboude aantreklike jongmense in oefen drag, “Kan ons u asseblief inlig oor die winter promosie van die ‘Fiks en Viets’ gym,” en hulle wou verby hou, maar soos die voorsienigheid nou maar werk.
“Juffrou Isabel, juffrou Elmarie, en juffrou Marleen. Dit is nou ’n verassing om julle hier te sien, asseblief, sal julle nie net luister na die aanbod nie,” en hulle was verstom – die vier baie goed geboude aantreklike jongmense in oefen drag wat voor hulle staan, was al vier ʼn paar jaar gelede in hulle klasse.
Sy herroep die instap tussen die vier die gym in, Divan en Karl met Marleen en Elmarie styf ingehaak, en sy met June en Ria elk aan ’n arm, en die gym vol mense van alle formate aan die oefen.
Twee ure later het hulle drie onder begeleiding van die vier uitgestap met die spreekwoordelike ‘lock, stock en barrel’ – ses maande kontrak, gym uitrustings, en die vier hulle persoonlike instrukteurs – en hulle het werklik eers in die kombi tot verhaal gekom.
Sy voel die pyn van daardie eerste weke se 3 keer ’n week gym. Herroep wat dit hulle drie gekos het om nie net op te gee nie. Dan na drie weke die verandering: die pyn wat verdwyn, die huppel wat stadig terug in hulle stap gekom het, en die uitsien na die gym dae.
Sy hoor weer Neels se woorde twee maande na die gym begin het, “Wow, Isabel jy lyk fantasties. Daardie rokkie pas jou perfek,” en die liefkosende vat aan haar. Elmarie en Marleen se erken van die verbetering in hulle verhoudings met hulle mans, en al drie se rooi wange wat meer as net komplimente verteenwoordig het.
Sy onthou die vier jongmense se bespreking in die kafeteria oor hulle stryd om hulle nauurse studies te betaal wat hulle drie toevallig gehoor het. Die kopkrap oor ’n manier om ekstra geld te maak. Divan se voorstel dat hulle dalk by die valskermsweef klub op Sein Heuwel Saterdae kan gaan help want sy broer werk daar en hulle vier is al vier gekwalifiseerd.
Met die Vrydag gym sessie hoor hulle toe die vier se bevestiging dat hulle die Saterdag gaan probeer werk kry, en die bevestiging dat hulle elk ’n gratis sweef sessie sal kry. So net daar besluit hulle drie om Saterdag by Seepunt te wees waar die vier sal land om dit te beleef.
Elmarie vat haar rolprent kamera saam, ons drie plant ons kampstoele om ’n perfekte ‘uitsig’ van al die swewers te kry, en Elmarie verfilm elke swewer wat inkom. Nodeloos om te noem: Die vier kon niemand mis nie: kort broekies en hempies wat elke spier en kartel vertoon, met allerhande liggaamsbewegings wat selfs die ou ooms en tannies laat regop sit het. Met die gesigte verbloem onder die valhelms en die ‘veiligheidsbrille’ het net ons werklik besef wie die vier is.
Met die land en beheer kry van die toerusting sien June en Ria ons, en loop dit uit op ’n koffiedrinkery saam met die vier. Elmarie wys hulle ingenome haar film werk, en Marlene met haar media agtergrond maak die voorstel dat hulle dit dalk op sosiale media moet laai.
Na ’n lang gesprek word daar besluit om die video op die 5 top platforms te laai. Al die platforms word ge-Google en alhoewel die intekenaar en ‘viewer’ syfers astronomies hoog is, stem ons almal saam: as ons nie probeer nie, sal ons nooit weet of dit werk nie.
Nou-ja, 4 maande later en alles het verander: die intekenaar en ‘viewer’ syfers het astronomies verhoog: 4 maatskappye wat die ‘Vreeslose Vier’ betaal om met hulle restaurante se baniere die vlugte te maak: die 4 wat bewegings en ‘theatricals’ vervolmaak het, en Seepunt elke Saterdag ‘tjok en blok’ vol mense wat die eskapades kom beleef en verfilm.
Sy dink aan daardie misterieuse skenking wat elke Saterdag deur ’n vreemde fietsryer in die verbyry na hulle gegooi word: genoeg fondse om die 4 se studie geld en al die ‘Vreeslose Vier’ se vlugte en kostuums te betaal. Sy wens sy weet wie die skenker is: glo dit is moontlik ’n bewonderaar van June of Ria.
* * *
Sy sien Marleen en Elmarie op die gewone optel punt, en met die parkeer klim hulle dadelik in, so reg vir wat voorlê vandag: Die ’Vreeslose Vier wat Superman, Spiderman, Supergirl en Catwoman kostuums sal dra, en met die insweef oor Seepunt elk ’n burger van Burger King sal gryp vanaf die tafel wat opgestel is en dan sal land en dit smaaklik eet: nog ’n massiewe bydrae vanaf Burger King vir die advertensie – alles deur Marlene met haar kop vir syfers en skryf gereël.
Met die wegtrek kyk hulle na die horlosie en hulle weet hulle is heeltemal op tyd siende dat dit slegs ’n paar kilometer van Kampsbaai tot by Seepunt is.
Die oproep is kort, amper in kodetaal: “Vreeslose Vier gereed vir die vlug in dertig minute” en Elmarie se response: “Op pad, ons laat julle weet wanneer ons opgestel is.”
Sy vra, maar weet dit is onnodig want Marleen is vir meer as twintig jaar in beheer van die media van die skool waar hulle drie skoolhou, “Hoe vorder jy met die berig Marleen.”
“Klaar, en deur James van Burger King goedgekeur. Ek kort net die finale detail wat met die aksie saam sal kom,” en die opgewondenheid is in hulle.
Die aanwys van hulle parkeerplek deur Geoffrey die kar wag, ’n reëling maande gelede gemaak, die parkeer en die uithaal van die toerusting is soos elke Saterdag: georganiseerd; want meer en meer mense kom Seepunt toe om die ‘Vreeslose Vier’ se eskapades te kom gade slaan.
Ek sien James en twee van sy mede-eienaars glimlaggend aankom, is dankbaar vir hulle meelewing, en hulle glimlaggende groet en gesigte bring die wete dat ons en die ‘Vreeslose Vier’ met iets wonderliks besig is.
James se stem dra die opgewondenheid: “Die Burger King stalletjie met die burgers is reg. Kan jy gou kom loer of die opset reg is asseblief.”
Ek en Marleen stap saam na die stalletjie waar die Burger King borde kleurvol pryk. Ons sien die burgers bo-op die verhoogde toonbank wat so ’n paar meter weg van die stalletjie staan: en dit is perfek.
Ek as organiseerder: dit is my expertise: stuur die WhatsApp: ’Opgestel. Burger King stalletjie direk langs die renoster kunswerk. Julle kan sweef“
* * *
Ons sien die valskerms in die verte sweef, en ek sien vele mense met verkykers wat hulle volg, en ons drie knik vir mekaar: ons is so reg.
Die wapperende Burger King skouermantels en die ‘Vreeslose Vier’ se kostuums bring die honderde mense op hulle voete: en die selfone en kameras klik en draai. Die insweef en die ‘theatricals’ beter as wat Disney sou kon doen. Die gryp van die Burgers, die land en hap aan die burgers, perfek, en die mense se applous oorverdowend.
Dan is die vier by ons drie, “Is julle reg vir die finale aksie vandag?” vra Karl. Ons knik ons bevestiging en ons sewe stap in gelid na die loopvlak net wanneer die fietsryers in sig kom. Ons finale aksie: vandag gaan ons die skenker voorkeer want ons nuuskierigheid oor sy identiteit het net te veel geword.
Dan die verandering: die een fietsryer is vandag ’n hele paar, en die twyfel vat ons vas. Maar die voorste drie met die geldsakkies in hulle hande bevestig: dit is die skenkers.
Ons sewe vorm daardie versperring oor die loopvlak: en die fietsryers stop so twintig meter van ons af, stoot die fietse tot teen die skermmuur, haal hulle valhelms af, draai om: Neels, Brandt en Gerhard, en ons drie dames se monde gaan oop.
Ons sien die glimlaggende gesigte, die arms wat oopgaan in ’n omhelsing, en dan die warm kloppende hart teen my oor, die so bekende reuk van my man, en die trane vloei.
Ek hoor die sagte stem teen my voorkop: “Julle, Jy is die mees fantastiese mens wat ek ooit geken het, en ek het jou so lief. Kan ons, ek, asseblief deel van hierdie faset van jou lewe wees?”
Ek voel hoe al daardie teleurstelling van my onvermoë om die beste te wees wat ek kan uit my vloei: my kop knik spontaan, en my stem klink skor van die passie in my: “Ja, ja asseblief kan ons elke dag deel wees van ons gesamentlike lewens.” En die hartstogtelike soen en streel van my rug bring ’n warmte in my waar ek dit elke dag wil voel.